Ons dra ons swaar stilte van verlede nag se stryd nadat ons die kinders bed toe gestuur het. Ons dra die skerp woorde wat die hart van die een wat ons belowe het om lief te hê en te koester.
Sulke dinge dra ons kerk toe.
Ons dra ons verborge begeerte vir iemand, enige iemand, om van ons kennis te neem, met ons te praat, ons te verseker dat ons nie net nuttelose menslike mislukkings is nie, maar dat ons saak maak, dat ons iets vir iemand beteken.
Ons dra die fototjie in ons beursie van die dogter met wie ons vir drie jaar, vier maande en twee dae nie gepraat het nie, die een wat ons uit haar lewe weggesny het, maar wie se teenwoordigheid nog so werklik is soos die warm trane wat oor ons gesig gerol het op haar 25ste verjaardag verlede week.
Ons dra ons teleurstelling oor God, oor sy ongelooflike brutale doofheid teenoor ons vurige gebede, sy onbeskaamde wegdoening van wat ons eenkeer met geluk oorstelp het, sy ys-koue stilte teenoor ons as ons om hulp skree.
Ons dra al hierdie dinge, en nog baie meer.
Ons dra hulle in stilte, dikwels weggesteek agter die masker van ’n glimlag.
Ons dra hulle kerk toe.
En daar – tussen die mure van sy vader se huis – staan ons broer. Hy dra in sy, van ou wonde getekende liggaam, ‘n hart slegs slaan teen die ritme van sy liefde vir ons. Hy dra ’n woord op sy lippe wat al die krag van die hemel dra om ons diepste wonde te genees. Hy dra ’n kruis op sy skouers, waarvan die hout gevlek is met die bloed van ’n God wat alles wat verkeerd is in ons heelal in die “black hole” van sy eie vervloekte dood geslinger het.
Hierdie broer, Jesus van Nasaret, is Jesus van die sterwende huwelik, Jesus van die eensame slagoffer, Jesus van die geskeide, Jesus van die huilende ouer, Jesus van die verbitterde aanbidder wat soos ’n gewonde kind met woorde om hom slaan wat sy hemelse Vader verdoem. Hy is Jesus van sondaars. Hy is Jesus van die besoedelde, van die beskaamde, van diegene wat siek is vir die beeld wat hulle in die spieël sien.
Hy word deur geen een van hulle beskaamd nie. Hulle is welkom in sy kerk. Slegs hulle sal in elk geval tuis voel in sy Vader se huis. Dit is nie ’n plek vir diegene wat geen probleme het nie, nooit verkeerd doen nie, en hulleself voorstel dat die hemel voortdurend handeklap oor hul top prestasie. Sulke goue mense hoef nie in die huis van die Here te sluimer nie.
Kerk is vir die verlorenes, vir die “losers”, vir die wat seer het, vir diegene wat verwond is, of hulle nou kan loop of moet kruip of selfs op ‘n draagbaar aangedra moet word. Die kerk is nie ’n paleis van Versailles nie, nie ‘n luukse gimnasium, waar ons ons geestelike spiere ten toon kan stel nie, maar ’n tempel waar die besoedelde gereinig en heilig gemaak word. Die kerk is waar arm, stinkende dwase gebad word en as seuns en dogters van die Koning geklee word.
Die dinge wat ons kerk toe dra – hierdie laste word deur ons broer verwyder. Hy stapel hulle bo-op sy eie breë skouers. „Ek sal hulle nou dra,“ sê hy. „Ek het dit. As ek al die groot ongeregtighede van die wêreld na die kruis kon dra, dan kan ek sekerlik alles dra wat jou belas en seer maak. Kom na my, almal wat uitgeput en oorlaai is, ek Ek sal julle rus gee.” (Mat 11:28) Kom na My toe, jy wat moeg daarvan is om jouself te wees, en wees sommer net Myne. My kind. My geliefde. Ek sal jou laste van nou af dra. En ek sal vir jou dra. Hou op om te probeer om jou eie dom verskoning vir ’n god te wees en ek sal die enigste God wees wat jy nodig het. Ek sal jou optel en ons gaan saam in die toekoms in. Of dit nou donker of lig sal wees of ’n skaduwee bestaan vol met onsekerheid – dit maak nie saak nie. Ja, al gaan ons ook deur die “dal van doodskaduwee” (Psalm 23:4), “ek is die opstanding en die lewe” (Joh 11:25). Ek is jou opstanding en die lewe. “
Die dinge wat ons kerk toe dra, is niks in vergelyking met die een wat dit vir ons van die kerk af dra, tot môre en tot in die oneindige dae wanneer ons uiteindelik saam met ons Vader daarbo sal wees.
Pastor Kurt Böhmer