As deel van die Diakonieprojek, het die dames van die Afrikaansegemeente ‘n wonderlike Herfsfees vir ons Seniorburgers by die Duitse ouetehuis gereël.
Herfsblare het ingewaai en die tafels mooi versier met rooi, bruin, geel en goud. By elke sitplek het ‘n klein potjie met ‘n vetplantjie die versierings afgerond. Heerlike koffie, koek en soutighede is bedien terwyl die kinders van die Kinderkerk vrolik gesing het en die saal opgehelder het met hulle vrolike gesiggies. Baie dankie aan al die Kinderkerk helpers wat die kinders so mooi begelei het en die ouers wat gesorg het dat almal betyds daar was.
Ons het sommer lekker gelag en gesels en sommige seniorburgers het spesiale herinneringe met ons gedeel soos die besondere tye in die koshuis, die goeie raad wat hulle van hulle ouers ontvang het en oor hulle eerste liefde. Gisela Damaske het almal bekoor met haar mooi fluitmusiek en eintlik kon ons nog die hele middag na die wonderlike musiek luister.
Na die klaviermusiek van een van die tehuis inwoners, het Brahm Lombard die verwarmers vir die Pleegsorg eenheid oorhandig, waarna Pastor Klaus Damaske die verrigtinge afgesluit met ‘n kort oordenking .
Hartlike dank aan almal wat gehelp het om die Herfsfees ‘n onvergeetlike geleentheid te maak.