Lentefees by die Duitse Ouetehuis

Op 20 Augustus het die Afrikaansegemeente hulle uitreik na die Duitse Ouetehuis gedoen in die vorm van ’n Lentefees.  Die seniorburgers het dit baie geniet.

Die kindertjies van die Kinderkerk het vir hulle kom toesing en elkeen ook ’n geskenkie oorhandig.  Baie dankie aan Vic en Naomi vir die begeleiding. Baie dankie ook aan Heike en Maren wat ’n klavier- en fluitspel gelewer het wat die seniorburgers baie geniet het. Die Afrikaansegemeente se dames het die tafels pragtig in lente kleure versier en heerlike verversings voorgesit.

Dit is elke jaar ’n besondere middag.  Dankie aan Ingrid Lombard vir die reëlings van die saal en eetgerei.  Ook dankie aan al die dames wat behulpsaam was en verversings gebring het. Hartlike dank aan almal wat gehelp het om die namiddag so suksesvol en besonders te maak.