Vikar
Von lat. vicarius = Stellvertreter, Statthalter. In der FELSISA ist Vikar die Amtsbezeichnung eines Theologen, der das 1. theol. Examen bestanden hat und durch den Synodalausschuss zur praktisch-theologischen Ausbildung in das Vikariat in eine Gemeinde entsandt wird.
Der Vikar ist dabei einem Pastor zugeordnet, der die Funktion des Vikarsvaters, heute: Vikarsmentors, innehat, ihn ausbildet und begleitet.
Vikare der FELSISA werden zu Beginn ihres Vikariates gottesdienstlich in ihren Dienst eingewiesen, jedoch nicht ordiniert. Sie werden auf die Heilige Schrift und die Bekenntnisse der Kirche verpflichtet.
Vikaren ist es in der FELSISA nicht gestattet, die Sakramente zu verwalten, also (außer im Falle der Nottaufe) zu taufen, das Heilige Abendmahl zu verwalten oder die Absolution zu erteilen.
Predigten, die Vikare während ihres Vikariates halten, müssen die Vikare durch ihre Vikarsmentoren vorab genehmigen lassen.
Kom ons begin sommer heel by die begin. Asseblief kan julle ons so bietjie agtergrond inligting gee: (Waar het jy groot geword? Waar is jy gedoop, aangeneem en waar het jy gestudeer)
Martin: Ek is ‘n plaaskind en het naby Piet Retief op ‘n plaas groot geword waar ek in gemeente Panbult gedoop is. Ek was toe op Lüneburg en Ligbron (Ermelo) op skool en in Pretoria studeer. Die Arcardia jeug was die grootste aantrekking stad toe te kom, dit en die kerk was my eerste prioriteit.
Nicola: Ek het in Pretoria groot geword, hier gedoop, aangeneem en ek het ook hier studeer. Ek het ‘n BA (Maatskaplike werk) verwerf. Ek het gedink dit is nogal alles bietjie eentonig en trek die afgelope 7 Jaar agter Martin aan, maar nou is ek alweer hier. Ek is darem lief vir die stad waar ek groot geword het en sien al baie uit om as ‘n Maatskaplike werker te kan werk (as die kinders bietjie groter is).
Nicola, waar en wanneer het julle tweejies ontmoet, hoe lank is julle al saam / getroud? Net so ‘n kort opsomming
Nicola: Ons het hier in Pretoria by die jeug ontmoet en toe verlief geraak. Ek dink ek was eerste verlief op Martin lank voor dat hy op my verlief geraak het, maar hy sȇ altyd hy was eerste geïnteresseerd.
Ons het toe maar saam besluit (Vir ons huwelik), dat ons maar net glo dat ons altwee dieselfte tyd met opmekaar verlief geraak het. Ons is al 11 jaar saam en amper 7 jaar getroud.
Julle het ook al redelik baie saam getoer terwyl Martin oorsee studeer het. Wat is julle gunsteling plekkie?
Martin: Janee kyk, ek is al redelik moeg vir reis en trek. Thomas is nou 4 jaar oud en ons het in sy kort bestaan al 6 keer getrek. Ons kan nie wag nie om op een plek vir ‘n lang tydperk te bly nie, maar dit sal nog so ‘n rukkie vat. Fort Wayne Seminary was vir my ‘n ‘n groot hoogtepunt. Die dorp is nie so mooi nie maar die teologiese kampus is baie mooi. Dit was vir my ongelooflik om met mense met ‘n Lutherse Geloof op ‘n wêreldwye vlak in kontak te wees.
Nicola: Amerika was vir my die gunsteling plek! Martin se broer, Ralf en sy vrou Gundel het ons saam gevat op ‘n groot “road trip” en toe het ons die Grand Canyon en Bryce Canyon gesien en baie geniet. Thomas was 1,5 jaar oud en baie soet met al die kar ryery. Dit was vir my ‘n ongelooflike hoogtepunt.
Vikar Martin, wat dink jy is die grootste verskil tussen gemeentes in Duitsland, Amerika en Suid-Afrika? Is daar ietsie wat ons by ons broers en susters oorsee kan leer?
Martin: Sjoe, dit is n groot vraag. Al drie plekke is duidelik anders. Ek moet sê, dat Amerika baie meer vir ons soos Suid Afrika was as Duitsland. Amerika was vir ons ongelooflik hoe die mense ons verwelkom en tuis laat voel het. Ons het in ‘n klein kamer in die koshuis (Dorm) gewoon maar het so spesiaal gevoel want die mense was baie gaaf. Duitsland is meer kop mense en hulle is nie so sensitief (passionate) soos die mense hier of in Amerika nie. Ek dink wat ek die meeste uit Duitsland geleer het, is om te luister wat die Heilige Skrif sê, ten opsigte van my gevoelens. Ironies is nou dat Amerika nou die teenoorgestelde is. Daar het ek geleer dat ek lief vir die Lutherse geloof kan wees omdat die mense opreg hulle geloof uitleef, met kop en hart. Maar wat my die grootste beindruk is dat maak nie saak met wie jy te doen het nie, sodra jy in ‘n lutherse godsdiens kom, voel jy tuis omdat die liturgie amper orals dieselfde is, ook as dit in ‘n ander taal is. God se woord bring verskillene tipe mense saam. Maar terselfde tyd het ek gesien hoe balangrik die engelse taal vir die Evangelie wêreldwyd is, selfs Duitsland lees al hoe meer engelse boeke! Ek dink ons kan baie leer von altwee lande en hulle van ons.
Ek volg jou so bietjie op Instagram, Nicola en bewonder die ongelooflike toewydingsboeke (Devotional books) waardeur jy deurwerk. Het jy enige “top 3” wat jy vir ons gemeentelede kan aanbeveel?
Nicola: Baie dankie vir hierdie vraag!
I have always thoroughly enjoyed the quiet time. For me, it is a time I NEED, and I fell in love with Concordia Publishing House Books (CPH) while we were living in Fort Wayne due to their insight and Lutheran emphasis. My absolute favourite is the German book Führe mich: Morgengebete (unfortunately out of print and very hard to find copies of), I love the devotional “A Year in the New Testament and also the Treasury of Daily Prayer” (both CPH books, available to purchase as Kindle books on Amazon.com).
Die duitse boek “Führe mich: Morgengebet” het my pa altyd gelees en hy het vir my ook een gekoop. Dit is vir my so interessant hoe baie ons kan leer van ons ouers en veral as hulle goeie “habits” ons leer soos om stil tyd te prioriteer.
Vikar Martin, hoe werk die Proponentskap (Vikariaat) en vir hoe lank duur dit?
Martin: Ek sal ‘n jaar besig wees met die proponentskap. In hierdie tyd leer ek die praktiese deel van pastor wees. Dit klink vir baie mense snaaks omdat ek al 7 jaar in Duitsland studeer het, maar wat die mense nie weet nie, is dat dit meestal teorie is. Alhoewel ek hier en daar gepreek het, is dit nog baie nuut vir my om op die preekstoel te wees. Tot nou toe was die hoof gedeelte van die studies Skrif lees en om die geskiedenis daarvan te leer, die praktiese deel is doelbewus vir hierdie jaar ingewerk. So in die volgende jaar is die meer persoonlike of menslike kant van die beroep ‘n groot fokuspunt. Dit beteken, dat ek met al die verskillende aspekte van ‘n pastor se werk vertroud word, sodat ek alleen kan reg kom.
Vikar Martin, watter innovasie reken jy het al baie bygedra om die bediening wêreldwyd makliker te maak?
Martin: Dis weer ‘n moeilike vraag, maar ek moet sê, dit is vir die FELSISA ‘n groot voordeel dat hulle hul pastore oorsee laat oplei. Hierdeur kom ons in kontak met verskeie mense in die Lutherse geloof. Dit hou ons op hoogte wat wêreldwyd aangaan. Die nadeel is wel dat gemeentelede in Suid Afrika aan die begin weer vreemd voel teenoor deur die kommunikasikanale soos Facebook en Instagram hoop ons dat ons bietjie vinniger, as in die verlede weer kan aanpas in Suid-Afrika. Die digitale wêreld het kommunikasie baie makliker gemaak. Amazon is ook ‘n groot voordeel. Toe ek klein was, was Lutherse boeke skaars, maar nou het ons die geleentheid om die boeke van CPH aanlyn to koop alhoewel hulle nog steeds duur is. Dit is ook nou moontlik om met ons oorseese kennisse en vriende in kontak te bly en dit is ‘n groot voordeel vir ons, wat ‘n klein groep is. Die belangrikste kommunikasie gebeur nog deur epos, maar Facebook, Instagram en WhatsApp skep waardevolle geleentheide om met gemeentelede beter te komunikeer. Tans het Video and Youtube ook ‘n groot invloed om ons dienste aanlyn te bring.
Julle het twee seuntjies, Thomas en Samuel. Hoe oud is hulle? En vertel ons van so een spesiale eienskap van elkeen.
Thomas – 4 jaar oud. Thomas is baie oplettend en ‘n baie interessante kind, hy is stil maar hou baie van mense en geniet dit baie as iemand bietjie tyd vir hom het.
Samuel – 1 jaar oud. Samuel is heeltemal anderste as Thomas en ‘min gepla’. Hy is so bietjie van ‘n stout ene en hou ons baie besig met al die snaakse goed wat hy aanvang. Ek dink as ons weer in ‘n erediens is sal almal Samuel baie vinnig leer ken want hy sit nie stil nie.
Nicola, hoe kan mens jou bederf?
Nicola: Ek waardeer mense baie en geniet dit verskriklik om bietjie te “bond”. Ek hou van diep gespreke en as mense kuier. “Coffee dates” is my heel “favorite” bederfie.
Beide Vikar Martin en Nicola, het julle enige spesiale verse uit die Bybel wat julle begelei het tot waar julle nou is? Of miskien as daar nie ‘n spesifieke vers is nie, kan julle miskien julle aannemingsverse (Konfirmationsspruch) met ons deel?
Martin: Vir my is al oor die tydperk al so baie verskillende verse belangrik gewees. Ek dink Hebreeus 10,10 en Romeine 1,16 van groot betekenis. Jesus is die Een en Alles, sonder Hom is ons verlore en hy laat sy Woord in die hele wêreld preek.
Nicola: Jesaja 40:31 is my heel gunsteling bybelvers. Ek hou ook baie van Psalms en probeer graag om hulle te memoriseer. Hulle is altyd van toepassing in my lewe. My gunsteling is Psalm 119 en 37. Deur my pa se liefde vir dit, is Psalm 23 ook ‘n gunsteling bybelvers vir my lewe.