
Op 4 September 2016 is Roland Peschel in die duitse gemeente deur Pastor Martin Paul gedoop.
‘n Hartlike dank aan Pastor Paul vir die doop handeling wat in Afrikaans gehou is om die nie-duits sprekende gaste te akkommodeer.

As nuwe ouers pas ons nog elke dag aan by die nuwe omstandighede. Die wat al kinders het kan seker net glimlag…dis ‘n nuwe uitdaging, wat al in die kort leeftyd van Roland al bewys het dat dit nie altyd maklik sal wees nie. Ons vertrou op die Here dat Hy ons sal lei en insig gee om Roland volgens Sy wil op te voed, en die mense om ons en veral in die gemeente sal gebruik om ons by te staan.
