Wat sou jou keuse wees?
Die Afrikaanse Gemeente het die blink idee gekry om albei dae te kombineer en watter reuse sukses was dit nie! Jammer as jy dit gemis het.
Elke persoon wat gearriveer het, het ‘n plakkertjie op sy rug gekry wat sou aandui by watter tafel jy sit. “Twaalf apostels, gebooie, profete of wat dit ook al was!”. Elke persoon aan die tafel het ‘n “drukkie” gekry as bewys dat jy hom/haar by jou tafel verwelkom. Op elke tafel was twee albasters wat ons in die vorm van ‘n gebed moes aangee. Weereens ‘n simbool dat ons vir mekaar moet bid. Ons kennis oor die gemeente is getoets met behulp van ‘n vraelys. Weet iemand nog wanneer die gemeente ontstaan het? Toe kom die volgende speletjie, naamlik “stomstreke”. Pastor Klaus het vir elke deelnemer ‘n woord, of gelykenis uit die Bybel toegefluister en jy moes met handgebare dit aan jou tafelmense verduidelik. Dit het regtig kreatiwiteit geverg Watter pret!!!
Daarna het die oordenking gevolg uit Jesaja 2. Ons het ‘n kanon gesing : Vom Aufgang der Sonne, bis zu ihrem Niedergang. Voorwaar treffend op so ‘n pragtige sonnige oggend. Die tafelgebed is gespreek en toe begin “Vrouedag” ‘n Sjampagne ontbyt! Die tafels was oorlaai met die heerlikste gebak, brood, eiers en nog meer. Die samesyn was vrolik en die atmosfeer gesellig. Die weer het ook saamgespeel om van hierdie geleentheid ‘n groot sukses gemaak. Baie dankie aan die Afrikaansegemeente wat met soveel ywer, beplanning, oorspronlikheid en entoesiasme hierdie oggend aangebied het.