Taufe / Doop

Heer,
Neem hierdie kindertjies en vul hul hartjies met geloof en liefde.
Hoor hulle gebedjies en leer hulle U wysheid
Gee hulle krag, verlig U hulle pad en seën hulle soos U hulle help opgroei in U genade. Amen

Zur Taufe gratulieren wir die vier neuen Gemeindeglieder und alle vier Familien die jetzt alle Familien von vier sind Günther und Nikola Niebuhr.

Leo Niebuhr
Geboren: 15.02.2021
Getauft: 18.04.2021
Taufvers: Jesaja 54:10

„Denn es sollen wohl Berge weichen und Hügel hinfallen; aber meine Gnade soll nicht von dir weichen, und der Bund meines Friedens soll nicht hinfallen spricht der Herr, dein Erbarmer“. Leo ist am 15ten February geboren und am 18ten April getauft worden. Kleine Victoria, die älteste Schwester liebt ihren kleinen Bruder und es geht Familie Niebuhr als Familie von 4 einfach gut.


WILLIE EN LINDEL KRŰGER VERTEL

Moes julle ekstra wag of was Riano op tyd?

Riano was eintlik vroeër as sy due date. Sy due date was 1 Januarie, maar hy is op 23 Desember gebore via Keiser.

Hoe het julle julself geestelik voorberei vir hierdie nuwe begin met ‘n nuwe baba in die huis?

Ons het baie saam gebid oor die swangerskap en vir ons familie. Ons het baie met Ava gesels oor haar nuwe boetie wat oppad is om haar ook voor te berei dat sy nie meer die enigste kindjie gaan wees nie. Ons het sy kamer voorberei en alles vir hom begin regkry.

Is Riano ‘n familie naam?

Riano is n saamgevoegde naam. Ons het Lindel se pa se naam, Reino, en Willie se pa se naam, Ian, saamgevoeg.

Was dit vir julle ‘n groter aanpassing met die eerste kind of na die tweede?

Dit was n groter aanpassing na 1 kind toe, toe ons Ava verwag het, want ons het nie geweet wanneer sy haar opwagting sou maak nie, en ons was eerste keer ouers wat nog moes leer oor alles. Met ‘n 2de kind is dit makliker want jy weet reeds wat om te verwag en hoe dinge verloop. En omdat hy met ‘n keiser gebore is, en nie normaal soos met Ava nie, was ons ook meer voorbereid vir die presiese datum.
As gesin van 4, waarvoor is julle werklik dankbaar?

Ons is vreeslik dankbaar dat ons almal meestal gesond is en geseënd is met familie en alles wat ons het, ‘n huis, ‘n werk, ‘n kar en kos op die tafel.

Riano Jacobus Kruger
Gebore: 23.12.2020
Gedoop: 17.01.2021
Doop vers: Lukas 10:20b

„Maar wees veral bly omdat julle name in die hemel opgeskryf is“


CARL UND ANDREA WORTMAN: JULIA WORTMANN

Julia Wortman
Geboren: 08.04.2021
Getauft: 09.05.2021
Taufvers: Psalm 139:14

„Ich danke dir dafür, dass ich wunderbar gemacht bin; wunderbar sind deine Werke und das erkennt meine Seele wohl“

Carl, Andrea und große Bruder Kevin hießen Julia am 8. April willkommen. Wir danken dem Herrn dass er die Familie segnete mit der kleinen Julia und wünschen euch viel Glück und Gottes Geleit als Familie von vier.


GERALD EN GRETEL WUNDRUM VERTEL

Moes julle ekstra wag of was Dieter op tyd?

Ons het lank gewag en daardie laaste week was maar senutergend! Hy is vyf dae na sy verwagte datum gebore.
Hoe het julle julself geestelik voorberei vir hierdie nuwe begin met ‘n nuwe baba in die huis?

Ons het baie gebid vir perspektief, krag en leiding vir die groot taak wat voorlê, spesifiek ook vir ons huwelik. Ons het ook baie ons harte met mekaar gedeel sodat ons verstaan waar albei van ons onsself bevind.
Is Dieter ‘n familie naam?

Nee, maar die naam was ons albei se gunsteling op die einde. Ons het ’n kort lysie van name gehad en met sy geboorte besluit op die naam Dieter.

Was dit vir julle ‘n groter aanpassing met die eerste kind of na die tweede?

Elke fase het sy eie uitdagings, so dis moeilik om te sê watter een die grootste aanpassing was. En natuurlik hang dit ook af hoe „moeilik“ die baba is. Maar met alles in ag geneem, sou die eerste kind seker die grootste aanpassing of skok vir die sisteem wees
As gesin van 4, waarvoor is julle werklik dankbaar?

Ons is ongelooflik dankbaar vir ons ondersteuningsnetwerk van vriende en familie deur hierdie tyd en natuurlik vir God wat vir ons die nodige krag gee vir elke dag. En dat ons twee gesonde seuntjies het

Dieter Herbert Wundram
Geboorte datum: 24.04.2021
Doop datum: 16.05.2021
Doop vers: Jes 43:1

„Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is Myne!“