JA vir God Kamp

JA vir God Kamp | Sweef soos ‘n Arend | Riverside Lodge  2016

JA vir GOD KampHier beweeg die Ja vir God lede op hulle volgende avontuur saam. Ons was ‘n groep van dertien mense wat saam die natuur en haar liefde aanpak, met ons tente en koffiebekers! Saam-saam pak ons die reis aan na Riverside Lodge naby Loskop. Meeste het al Vrydagaand gearriveer en die res, vroeg Saterdagoggend. Waar ons smul aan warm koffie en smaaklike beskuit.

Nie voor lank begin ons met ons eerste sessie. Pastor Klaus het sy kitaar reg en daar spring ons los soos ‘n Loerie in die bos en begin saam liedjies sing. Die tema was Sweef soos ‘n Arend. Pastor Klaus het verskillende fases van die arend gevat en dit deel van ons alledaagse lewe gemaak.

  • Hy het vergelykings gebruik waar die arende se kuikens leer hoe om te vlieg; die reg maak vir iets groots.
  • Hoe ‘n arend in die storm in vlieg om die winde te leer ken om sy vlerke sterk te hou.
  • Hoe arende mekaar vind en lewenslank bymekaar bly; waar vertroue die hoof boodskap was.
  • Hoe ‘n arend gefokus is, so moet ons ook gefokus wees en ons prioriteite uit een sit.
  • Kraaie wat op die arende pik en sy kos vat; wat is ons kraaie, wat pik gedurig aan ons?
  • ‘n Arend versorg sy vlerke vir een uur elke dag anders sal hy sterf, so moet ons ook tyd maak om met die Here tyd te spandeer en so ons gees versorg met Sy genade en liefde.

JA vir GOD KampOns kon baie baat met sy vergelykings en dit toepas op ons jongmens lewe.

Ja vir God lede het bymekaar gekom om nie net geestelik te groei nie maar, ook om mekaar beter te leer ken en mekaar se verskille te aanvaar. Daar was gekuier en gelag en die geluid van vreugde kon van vêr gehoor word.

Soos die aande aanbreek maak ons reg vir ‘n koelaandjie langs die vuur. Kort-kort kom Ralph en neem asemrowende fotos! Daar was heerlik gesmul aan braaivleis en bykosse. Saam doen Ja vir God lede dit beter. Ons eindig die aande af met spelletjies, ‘n stappie of ‘n heerlike afkoelsessie.

So kom die naweek van rus en groei tot ‘n einde en almal pak op. Net soos ons Vrydagaand by die kamp aangekom het – so los ons dit agter; skoon, stil soos die rivier in die verte, wat saggies op sy eie aan stroom terwyl die voëltjies al tjirpend in die bome baljaar.

JA vir God