Afrikaans Kerkraad

Hierdie jaar is die nuwe Afrikaanse kerkraad verkies, wat die volgende paar termyne sal dien in verskillende amps posisies.  Ons sê baie dankie aan Mostert en Braam, vir hulle jare lange diens en harde werk wat hulle ingesit het vir ons Afrikaansegemeente.

Die nuwe kerkraad bestaan uit: Bernard Meyer (diaken), Marius Brummelkamp (ouderling), Karl-Hienz Niebuhr (ouderling) en Rainer Denk (diaken).

Ons het hulle ‘n paar vrae gevra:

Marius Brummelkamp

Waar groot geword? Gebore in Durban en skool gegaan in Durban tot en met Graad 2,daarna het ons verhuis na Empangeni waar ek laerskool en hoerskool voltooi het.

Ek is getroud met Nadia en het 2 seuns Reinhart (13) en Xander (11).

Wat se werk doen jy? Ek het my eie konsultasie firma, waar ons mense help met die rekenmeestersfunksie en ouditdienste asook algehele besigheidskonsultasie.

Wat se belangstellings het jy? Ek hardloop graag en hoop om nog ’n Comrades eendag te doen. Ek lees ook graag en skree af en toe op en vir die Sharks.

Waar voor is jy verantwoordelik in jou amp?

Geestelike welstand van die gemeente. Ek is betrokke by die gemeente se hulpfonds en deel van die finansiele komitee.

Wat in die Paulusgemeente Pretoria maak jou optimities as ouderling?: Die potensiaal vir groei in ledegetalle, maar ook die geleentheid wat daar bestaan om deur Jesus se genade groot impak te maak by mense.

Wat beteken dit vir jou om ouderling te wees? ’n Geleentheid om God se gemeente te dien.

Hoe kan ‘n gemeentelid die kerkraad help? Eerstens deur vir ons te bid en op ’n praktiese vlak deur sy/haar talente aan te bied waar daar ’n behoefte bestaan.

Ralph Wichmann

Ek is nog ongetroud en is woonagtig in Pretoria Noord

Ek is al 13 Jaar, sedert ek begin studeer het in Pretoria, en deel van die gemeente, waarvan ek al die afgelope 8 jaar dien as ouderling.

Ek werk as ‘n Geometriese kwaliteit spesialis.

My aannemings vers is Ps 50:15

In my vrye tyd hou ek van houtwerk, DIY en watersport

Wat in die Paulusgemeente Pretoria maak jou optimisties as ouderling?:

Ek is optimisties as ek sien hoe die Afrikaansegemeente groei, veral met die aantal jonger mense wat die diens bywoon. Ons sien meer en meer dat daar mense is wat smag na die woord van God en verdere onderrig verlang. Die samewerking tussen die gemeentelede is ook iets wat na aan my hart lê. Die gemeente werk saam om hulle eie Kapel te verbeter. Daar is so baie talent en almal kan iets bydra.

Wat beteken dit vir jou om ouderling te wees?

Ek sien dit as ʼn voorreg dat die gemeente my vertrou om hulle te verteenwoordig. Ek is ook trots en probeer my pligte nakom.

Hoe kan ‘n gemeentelid die kerkraad help?

Die gemeente kan die kerkraad help deur deel te wees van die gemeente aktiwiteite insluitend die vergaderings waar besluite geneem word. Dit word baie moeilik as kerkraad as gemeentelede opinies het oor besluite wat geneem word waar hulle nie teenwoordig is nie.

Bernhard Meyer

Ek het groot geword in Piet Retief

En werk as Fnb Agric Relationship Manager

My vrou is Alida Meyer en ek het 2 kinders: Rion en Danelle.

Wat se belangstellings het jy?

Ek hou graag van musiek, lees, kamp, braai en is baie lief vir diere

Wat in die Paulusgemeente Pretoria maak jou optimities as diaken?

Wat my optimisties maak is dat ons ´n klein gemeente is met groot harte

Wat beteken dit vir jou om diaken te wees?

Om Diaken te wees beteken om vir my gemeente daar te wees as voorbeeld en ondersteuning

Hoe kan ‘n gemeentelid die kerkraad help?

Kommunikasie kan help om werk binne die gemeente te vergemaklik en te verbeter

Rainer Denk

Ek is in Pietermaritzburg gebore en ook daar groot geword. Was altyd in die Lutherse kerk daar.

Hoërskool was Grace College in Hilton.

My aannemingsvers is baie na aan my hart. Psalm 55:22

Ek het Chemiese ingenieurswese gestudeer en is ´n produksie bestuurder vir n probiotese dierevoer maatskappy en is ook ´n wiskunde en wetenskap tutor.

Wat se belangstellings het jy?

Ek lees, draf, luister na podcasts en speel rekenaarspeletjies in my spaar tyd.