Miga 5: 1-3
- “Maar jy, Betlehem-Efrata, al is jy gering in die streke van Juda, uit jou sal daar vir My iemand kom om ‘n heerser te wees in Israel. Sy oorsprong is uit die verre verlede, uit die dae van weleer.”
- Dit is waarom die Here hulle sal oorgee tot die tyd aanbreek vir ‘n swanger vrou om geboorte te skenk. Dan sal die res van sy volksgenote terugkeer saam met die Israeliete.
- Hy sal optree en as herder lei deur die krag van die Here, deur die grootheid van die Naam van die Here sy God. Hulle sal veilig gevestig wees, want dan sal hy magtig wees tot aan die uithoek van die aarde.
- Die 4de Desember, het die kinders vir die eerste keer konsert gehou.
Hulle het die verhaal vertel, van die herder wat die blye boodskap aangehoor het. Met die senuwees wat knaag, het hulle die hulp van die tieners ingeroep om te help die verhaal vertel. Die koor het ‘n Tere loodjie gebaseer op Jesaja 11: 1 voorgedra en ook Die Heiland is gebore en O die vrolike, o die salige.
Daarna het almal saam middagete geniet en so die jaar afgesluit en die kerklike jaar begin op ‘n nuwe noot.
Groot dankie aan almal wat gekom het en die konsert en middagete geniet het. Dankie vir almal wat gehelp het met voorbereidings.