Basaar 2022

Ons jaarlikse Arcadia Basaar was gehou op Saterdag 30 Julie 2022 by die Duitse Internasionale Skool in Pretoria. Dit was n wonderlike sonnige dag en kan n mens weer sé dis heerlike weer in Afrika. Na die kanselasie van alle byeenkomste van die vorige twee jare weens Covid was die afwagting maar huiwerig. Dit was kompleet asof mens Basaar weer van voraf moes reel en was daar geen momentum van vorige jare af nie. 

Dit het geensins die gemeentelede of besoekers gestuit nie en was die opgewondenheid duidelik sigbaar met mense wat graag weer wil saam kom en kuier sonder maskers dit by gesé. Die dag was n reuse sukses met heerlike kos, lekker bier en oompah band wat die regte ambience geskep het. Die vleis het vinnig uitverkoop en hoe dan anders as mens die beste Mettwurst maak suid van die Ewenaar. 

Die speeltjies het vir baie opwinding gesorg en die kinders was soos altyd gaande oor die Tombola stalletjie. 

Met die veiling het sekere mense baie diep gegrou in hulle sakke en is daar baie geld ingesamel met veilings items. Daar kon n mens ook weer sien hoeveel fantastiese talente ons het in ons gemeente met soveel handewerk items wat so pragtig gemaak is. 

So vinnig was die dag verby en sien ons weer uit na die volgende jaar se Basaar. Ons dank ons hemelse Vader vir die suksese van hierdie jaar se Basaar en vra vir sy leiding en beskerming tot ons weer sien in 2023. 

Groete die Basaar komitee.