St Paulus Gemeente se Gesellige Basaar Dag: ’n Dag Vol Son, Geselskap en Lekkernye

Die St Paulus gemeente van Arcadia se jaarlikse Basaar is gehou op Saterdag 31 Julie 2023 by die Duitse Internationale Skool in Pretoria.  Die weer was perfek en dit was n heerlike warm winters dag.

Daar was n groot afwagting vir n goeie opkoms van besoekers aangesien die Basaar al n goeie reputasie het van n lekker dag met goeie herinneringe.

Die dag het goed begin met die gemeente lede wat vroeg skouer aan die wiel gesit het om alles reg te kry.

Daar was weereens heerlike kos stalletjies wat die keuse baie moeilik gemaak het van wat eet jy eerste. Iets nuuts was die verkoop van melkkos wat soos soetkoek verkoop het en die spesifieke stalletjie het ook Lebkuchen en pannekoek verkoop en was baie bedrywig.

Die vleisverkope het besig afgeskop maar daar kon n mens sien dat die sakke in huidige Suid Afrikaners maar bietjie leeg is. Nie te min was daar heerlike verwerkte vleis opsies met natuurlik die beste Mettwurst onder die son.

Die kinders en ook volwassenes was besig gehou met die al om bekende Tombola en ander interessante speeletjies. Daar het n paar ouers se beursies n goeie knou gekry met kinders wat met hande vol pryse weg gestap het.

Die veiling was baie goed bygewoon en dit moes wees as gevolg van die wonderlike prys skenkings wat daar was. Die afslaer het die aangeleendheid baie goed bestuur en is daar goeie gelde ingesamel. Die dag is afgesluit met n rugby wedsryd tussen SA en Argentinie wat uitgesaai is in die saal op n groot skerm.

So het n suksesvolle dag tot einde gekom en kan ons weereens net ons Vader in die hemel dank vir elkeen se insete, deelname en bydraes. Ons sien weer uit na volgende jaar se Basaar en hoop dit sal weereens n groote wees.