So oefen ons vir die Advent konsert. Harde werk is ingesit om ‘n baie mooi en geseënde konsert voor te berei. Die kinders het hard geleer en so mooi hulle woorde geken die aand van die konsert.
Elke kind het sy deel gehad in die konsert, van klein engeltjies, profete tot Johannes die doper, almal wat deel vorm van die vertel van die verhaal van die belofte van die Messias tot die geboorte van Jesus en sy groot geskenk wat Hy vir ons gebring het.