Eerstejaars –
Tobias Siegfried Damaske, het die wêreldlig aanskou op 22 Desember 1998. As een van die sogenaamde „Millennials” (mense wat gebore is in die laat 1980s tot begin jare 2000’) het hy dwarsdeur sy skoolloopbaan ’n wye belangstelling getoon om die wêreld te ontdek en te bemeester. Met oorgawe en toegewydheid het hy aan verskeie aktiwiteite in die skool deelgeneem en het uiteindelik sy posisie as hoofseun (Schulpsrecher) ingeneem. Ons is dankbaar dat hy benewens ander toekennings ook nog 5 onderskeidings op akademiese gebied kon verwerf. Die Duitse skool in Pretoria DSP bied nie slegs matriek maar ook die Duitse Abitur-sertifikaat aan waarmee die deure na Duitsland oopgegaan het. In Februarie 2017 sal hy op die vliegtuig klim en vir ‘n paar maande Euros bymekaarmaak voordat hy ‘n akademiese loopbaan in September aan een of ander universiteit sal voortsit. Ons sal sy teenwoordigheid in sport en musiek, in verskeie jeuggroepe en natuurlik by ons as gesin baie mis, maar vertrou dat God hom verder sal vorm en voorberei vir die lewe.
Oliver Eggers
Oliver het met 6 onderskeidings by Pretoria Boys High School matrikuleer. Hy gaan hierdie jaar BSc Agriculture Economics by Tuks studeer.
Dieter Meyer
Dieter het by die Hoërskool Gerrit Maritz gematrikuleer en werk tans as deel van sy oorbruggingsjaar by Aldo Schnackenberg (Boomed Alive) in Faerie Glen. As ouers is ons baie trots op hom en wens hom alle voorspoed toe met sy toekomsplanne.