ELPA Kinderlager 2019

Kinderlager

Speel, speel leer ons van die Bybelverhale.  Die tema vir die Kinderkamp was verduidelik met die verhaal van Dawid en Saul, dat ‘n mens nie kwaad met kwaad moet vergeld nie maar eerder ‘n vriendelike uitweg moet probeer kies.  Waar Dawid ‘n stuk van Saul se mantel afgesny het, maar hom nie om die lewe gebring het nie, soos hy kon en sy manskappe wou doen nie.  Maar toe Dawid vir Saul die mantel stuk wys en sê ek wil jou geen kwaad aandoen nie, ek het geen kwaad teen jou nie – waarom vervolg jy my.

Die naweek was vol speel, fietsry, swem en sing en nogmaals swem. Trekker ry –maak nie saak wat jy doen – los alles en hardloop vir ‘n rit heen en weer.  Nie te praat van die aksie belaaide bybel verhaal en ‘n lekker kunsprojek – wat bietjie warm kon raak.

Die pa’s is ook bietjie aangehelp om af te koel gedurende die warm dag – deur ge-„am Bush“ te word – deur ‘n groep kinders en in die swembad gegooi te word.

Weereens was die naweek te kort gewees om al die speel in te pas en die vraag wanneer is die volgende kinderkamp was sommer gevra voordat die kar se deur toegeslaan het Sondag, oppad huis toe.  Tot volgende jaar….