Diakonie Projekte: Food Drive 2023 En Meer

  1. Food Drive 2023 – #addgoodness

Ons het ons diakonie uitryk program aan die begin van die jaar afgeskop om na die Meals on Wheels-voedingsprogram uit te reik en by te staan. St. Paul’s Evangelies Lutherse Gemeente het ’n finansiële bydrae geskenk om die organisasie deur die maande Maart en April te sien. Dit word opreg waardeer, en nou het ons julle hulp nodig om ‘n groter verskil te maak

Die Food Drive 2023-veldtog word hiermee aangekondig en jy word hartlik uitgenooi om saam te werk. Elke wyk in die gemeente kan ‘n verskil maak en hierdie winter 450 families voed.

Hoe gaan ons dit doen? Deur die program te help met die samestelling van 450 of meer nie-bederfbare kospakkies.

Die pakke bestaan uit ’n mengsel van voedingstowwe, proteïene en koolhidrate wat langer hou en verder gaan om ’n gesin van 5-6 mense te voed. Dit sluit in pasta, lensies, ertjies, rys, ens.

Om hierdie massiewe projek aan te pak, het ons dit in 6 verdeel.  Ek is seker dat as elke groep binne die kerk op een spesifieke item fokus, ons die algehele doelwit sal kan bereik.

Die groepies word as volg ingedeel:

  1. Pasta noodles: Arcadia Jugend
  2. Rooi lensies: Afrikaansegemeente
  3. Rys: Ostkreis
  4. Soup mix: Südwestkreis
  5. Stock | aftreksel blokkies: Südostkreis
  6. Split peas: Nordkreis

Elke wyk sal ook informasie ontvang via WhatsApp vir meer inligting.

Alle donasie bokse is goed gemerk en sal in die saal staan vanaf die 28ste Mei. Ons mikpunt is om teen die 10 Julie vir Meals on Wheels genoeg te gee om pakkies te kan maak vir 450 families.

Skakel Natascha Heyman op 076 846 8880 vir enige navrae.

  1. Skenk jou ou klere

Maak skoon daai oorvol klerekas en raak ontslae van enigiets wat nie meer pas nie. Ons benodig enige ou klere wat ons aan haweloses kan skenk. Met die winter wat voor die deur lê, is daar ’n geweldige behoefte aan baba- en kleuterklere.

Plaas dit asseblief in die skenkingsdrom in die kerksaal – hierdie asblik is langs die Jeug se kennisgewingbord geleë. Vir meer inligting oor hierdie skenkings en waar jy kan help, kontak asseblief Miranda Meyer of Natascha Heyman