HERFSTEE BY DUITSE OUETEHUIS – 19 MEI 2019

Die Afrikaansegemeente het weer hierdie jaar die inwoners van die Duitse Ouetehuis (DAP) onthaal by ‘n gemoedelike geleentheid wat nou al die naam “Herfstee” gekry het.

Die dames van die gemeente het die tafels in pragtige herfskleure getooi en heerlike smulhappies voorgesit. ‘n Herfstee Verskeidenheid van musiek is aangebied en die mense het veral die spel van Mariaan (Altviool) en Dinkie Holm (klavier begeleiding) geniet. Cynthia op keyboard, Erika met kitaar en Waldi met sy outydse blokfluit het geslaag om die mense ‘n bietjie uit hulle doppe te laat kruip met die saamsing van “duitse” afrikaanse volksliedjies.

Dit het goeie reaksie uitgelok en verskeie mense het baie daarvan gehou – ook die saamsing van ‘n paar gesange het bo verwagting goeie sang ontlok. Beide die gaste en die “aanbieders” het die geleentheid baie geniet! Die kindertjies het ook vir die gaste gesing.