Liewe kinders, kleinkinders , familie en vriende!
Op die 26ste Junie 2021 is ons 50ste huweliks herdekking.
Ons op 26 Junie 1971 in die NG Sandsteenkerk op Lindley OVS in die huwelik bevestig. Ons trouteks was Spreuke 16 vers 20: “Wie ag op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die Here vertrou, is gelukkig”
Ons dank die Hemelse Vader dat Hy ons die afgelope vyftig jaar saam behoed en bewaar het. Verder dank ons God vir die baie seëninge wat Hy ons as gesin saam met ons kinders en kleinkinders, geskenk het.
Ons dank gaan ook in besonder aan ons kinders en kleinkinders wat oor die jare altyd daar was vir ons in hulle Gebede en bygestand.
Ons is bitter spyt dat ons nie die dag soos beplan saam kan vier met ons familie, vriende en kinders nie. Maar weens die pandemie en die beperkkings, was ons verplig om dit af te stel.
Ten slotte wil ons die Arcadia Gemeente, Pastore, Blaas- en Sangkore, baie dankie sê vir hulle liefdesdiens en ondersteuning oor die afgelope jare.
Martin en Miranda.