Die Afrikaanse gemeente was bevooreg met die skenking van ‘n orrel van Shelly Beach.
Die nuwe (ou) Allen Orrel
’n Groot dankie aan ons sustergemeente in Shelley Beach, wat ons hulle ou Allen Orrel geskenk het, nadat ‘n nuwer model aan die gemeente bemaak is. Ons was al langer op soek na ‘n plaasvervanger vir die Hammond orrel, wat die gemeente jare lank gedien het, maar intussen al hoe meer probleme gegee het. Kevin Modena van Musica Instruments het op ‘n stadium ‘n nuwe Allen orrel na die kapel toe gebring en met die ondersteuning van die orrelis Betsie Schaap aan die gemeente voorgestel, maar die prys van amper R200000 was net te hoog vir die gemeente. Die aanbod van die “St. John’s Lutheran Parish” in Shelley Beach was daarmee ‘n welkome bonus. ‘n Hartlike dank aan David Weber, wat die orrel vir ons van Shelley Beach af na Pretoria toe vervoer het, en aan Wilmar Böhmer, wat opknappingswerk vir ons gedoen het, nadat die orrel tydens die installering ongelukkig beskadig is. Mag die orrel die gemeente nog baie jare lank ondersteun om tot eer van die Here te sing.
Dankie ook aan Rainer Denk, Matthias Straeuli en Ralph Wichmann, wat die orrel met die luidspreker sisteem in die kapel opgekoppel het, nadat bevind is dat die orrel te sag speel.