Kinderlager 2020

Die kinders het geleer van Jesus maak die storm stil.  So het die ouers geleer hoe om emmers bymekaar te maak om die water op te vang, na ‘n goeie bui reën.  En om ‘n paar vuil modderbene skoon te was.  Dit was heerlik om as ‘n ekstra groot groep – kinders te sien baljaar – in die modder of in die swembad of dit reën of nie.  Die vrolike kinderstemme te hoor soos hulle die liedere oefen – is soos die beste musiek en laat mens dink hoe dit in die hemel sal klink.  Dit was ‘n vol en besige naweek, ongeag die reën, waar die kinders van die Bybel leer deur kuns en bietjie praktiese pret met bote op die swembad.

Dankie vir almal se bydrae en harde werk om die naweek weer vir elke kind van soveel pret en vermaak te voorsien.  En dank aan God wat dit elke jaar seën sodat almal dit kan bywoon.

En so tel die kinders al weer af vir die volgende jaar se pret, plesier en leer.