Hoe vertel ons vir ander mense van God en die Bybel? Wat staan in die Bybel geskrywe? Die kinders het gehoor hoe aan ‘n man van Ethopie vertel en verduidelik word van Jesus en wat die belofte was in die ou testament.
Weereens was die naweek vol van lag en fiets ry, sing en swem. Ouers het bont gestaan om te sorg dat magies vol is – maar nog voor die laaste mond vol kos gesluk was – was daar al weer gesoek na die volgende avontuur.
Dankie aan elke liewe ouer wat verantwoordelik was vir die reëlings en aankope – sodat die kleinspan – saam-saam kan leer van Jesus se liefde en dat hul die samesyn van mede-gelowiges kan ervaar.
You need to add a widget, row, or prebuilt layout before you’ll see anything here. 🙂