
Hierdie jaar se tema vir die tienerkamp was oorlewing en al ons aktiwiteite het by hierdie tema gepas. Sewe stadsjapies het die plaaslewe beleef. ‘n Gewone ervaring was dit geensins!

Op ‘n staptog deur die natuur moes ons dinge soek soos bv. ‘n spoor van ‘n dier of verskillende blare ens. Na ‘n paar uur was ons terug en kon heerlik in die swembad afkoel. Dan was dit kettieskiet; dit was groot pret! Nog ‘n hoogtepunt was toe oom Deon en tannie Heike ons geleer het hoe mens veerbal speel. En toe die groot verrassing: Oom Deon het ons gewys hoe om ‘n vark te dissekteer – erg vir ons stadsmeisies; maar miskien genoeg kennis vir ons volgende Biologietoets.
Baie dankie aan oom Hugo en tannie Rosa dat ons op hulle plaas kon uitspan en oom Hugo wat ons rondgery het en meer van plante vertel het.
Dankie aan oom Deon en tannie Heike, ons tienerouers, vir die heerlike kamp en al die voorbereiding. Ons waardeer dit. Dit was ‘n heerlike naweek. Baie baie dankie!!!
