Uitreikprojek van die Suidweskring

Uitreikprojek van die Suidweskring

Ons wyk se jaarlikse uitreikprojek het hierdie jaar weereens aan Doves Nest, place of safety in Lyttelton Manor Centurion gegaan.

Na ‘n behoeftebepaling met die eienares, is nuwe kaste in die slaapkamers ingesit, krane in ‘n badkamer vervang en is die bestaande stukkende wasgoedlyn met ‘n nuwe groter een vervang. Isilda (eienares), haar personeel en die kinders was baie opgewonde oor die veranderings en het hul waardering teenoor die Suidweskring sowel as aan die Gemeente uitgespreek. Namens ons wyk, bedank ons die Gemeente vir die fondse sowel as Andre de Beer wat die werk namens die wyk gedoen het.