Palmsondag, 2 April 2023, het ons afskeid geneem van Pastor Kurt en sy gesin.
Na 5 jaar, het hulle, hul weg gesien om hulle in Bonn, Duitsland te vestig en so daar ‘n nuwe gemeente te dien.
Die koor en blaas orkes het ‘n voordrag gelewer waarna die Afrikaanse en Duitse gemeentelede saam ‘n lekker vinger ete geniet het.
Ons bedank Ps Kurt hartlik vir al sy harde werk en raad en bystand. Daar is vele wat getuig van sy bystand en gebed in moeilike omstandigehede. So, ook sy vrou, Erika wat altyd daar was en betrokke was en al die idees wat voort gevloei het.
Ons wens hulle alle seën toe vir hulle nuwe avontuur, in die noordelike halfrond.
Dankie vir almal se hulp met die voorbereiding en reëlings, kos aandra en koffie skink. Elke klein deel dra by tot ‘n samehorigheid en gemeenskap.