Brei die rye vir hoop. Tannie Miranda Meyer sal ons help om die voltooide kombers by hulle uiteindelike bestemming te bring.
Sodra die beperkings gelig word en ons weer mag rondry.
Waarheen vat ons dit:
Die komberse gaan vir Hero Burn Foundation wat deur Annerie du Plooy behartig word. Sy help brandslagoffers wat nie aan ‘n mediese fonds behoort nie.
As jy wol het en jy kan brei, is jy meer as welkom om ook repies of selfs ‘n hele kombers te brei. Hulle moet 120 x 120 cm week as die kombersie klaar is. Of ook net blokkies van 20×20 cm sal fantasties wees.
Vir meer informasie skakel Natascha Heyman 076 846 8880
Opvolg September 2020
Die komberies kom mooi aan, met 4 heeltemal klaar en nog ‘n verdere 3 wat aanmekaar gewerk word. Dit hoef wel nie te stop nie. As jy sit en blokkies, stroke of selfs ‘n hele kombers wil brei gesels gerus met Natascha Heyman (076 8468880)
Waarheen vat ons dit:
Die komberse gaan vir Hero Burn Foundation wat deur Annerie du Plooy behartig word. Sy help brandslagoffers wat nie aan ‘n mediese fonds behoort nie.