Op 18 Julie 2020 op Dieter se familie plaas in Lüneburg het ons, ons huwelik bevestig.
Ons het die wonderlikste weer gehad en alles het net perfek afgeloop. Ons verwagting van die troue was baie min gewees as gevolg van die beperking wat ons gehad het. Toe ons die troue beplan het was een van die vrae gewees ‘’Nou wat gaan ek my van maak” ,in daardie oomlik het ons net weer besef dat ons name dieselfde afkortings het, Dieter Bodo Gevers en Dohné Boshoff. As ek my van sou hou, sou ons dieselfde afkortings hê ‘’DBG’.
Pastoor Kurt Böhmer is so ’n spesiale persoon vir ons, om ‘n pad saam met ons te gestap het van die begin af om my te doop en dan ons te trou.
Ons het dinge bietjie anders gedoen ,waar mense ‘n koek sny by hulle troue en vir mekaar voer het ons ‘n hout balk gesaag om ons huwelik so te bevestig voor al ons gaste. Watter pret was dit nie gewees nie.
Dieter en Dohné