AFRIKAANSEGEMEENTE SE EINDJAAR AFSLUITING 2015 – Desember 06
Hier kuier ons saam by Bernhard en Aranka Plath se huis; hoe sê Ralph Wichmann:“ Net sodra jy dink jy is bo dan is dit net nog ’n entjie verder! Geengrap vir die eerstelinge! Die arme Nissan Micra!
Dit is hoe die Afrikaansegemeente die jaar afsluit – met ’n pragtige uitsig, heerlike kos en ’n fantastiese afkoel sessie!
Kom ons begin by die smaaklike deel, die kos! „Ons gaan nou braai“ was veral ’n gunsteling sê ding onder die mans! Gelukkig vir ons was die bykosse; vrugteslaai, noodleslaai en knoffelbrood so aanloklik dat die mans chop-chop braai en voor ons, ons oë uitvee smul ons aan ons smaaklike lamtjoppies, hoenderboudjies en sappige steak!
So is Suid-Afrika in ’n middel van ’n grusame hittegolf! Gelukkig vir ons het Aranka hulle ’n swembad. die jongklomp was al vroeg-vroeg in die water, kort voor lank spring die meerderheid van die groot mense, klere-en-al in die swembad om net ’n bietjie af te koel.
J A vir God het ook bietjie hulle insette gelewer tot die afsluiting! Ons het so in die Kersfeesgees besluit om Secret Santa te speel – met ’n „twist“. ons hoof doel was om iets lekkers saam met die gemeente te doen! (Wie hou nou nie van geskenke nie)! So wou ons ook die gemeente aan J A vir God lede voorstel: wie ons is en wat ons doen. Almal het toegedraaide geskenke gekry en kon binne 1 minuut hulle geskenke omruil as hulle sou wou. Dit was groot pret en daar was lekker gelag. Sjokolade, wyn en pragtige kalenders is as geskenke gekry – wat ‘n seën.
Dit het gevoel asof ons op ’n vakansieoord was! Pragtige uitsig, koel water en goeie kos. wat ’n afsluiting!
Hiermee wil ons dankie se vir Aranka en Bernhard dat ons hulle huis op die berg kon versit. Dankie vir almal wat bykosse gebring het, gebraai het en lekker saam geëet het! Saam doen ons dit beter.
Mag 2016 ‘n wonderlike jaar wees!
Baie seën
van
JA vir God