Herfsfees in die Ouetehuis
As deel van die Diakonieprojek, het die dames van die Afrikaansegemeente ‘n wonderlike Herfsfees vir ons Seniorburgers by die Duitse ouetehuis gereël. Herfsblare het ingewaai en die tafels mooi versier met rooi, bruin, geel en goud. By elke sitplek het ‘n klein potjie met ‘n vetplantjie die versierings afgerond. Heerlike...

